LandbouLens het met trots saamgewerk met Malemba Boerdery om ’n moderne, gebruikersvriendelike webwerf te ontwikkel wat hul unieke bedrywighede ten toon stel.
Malemba Boerdery spesialiseer in die teel van Simbra- en Charolais-beeste, die verbouing van verskeie aartappelvariëteite, en die produksie en uitvoer van pekanneute.
Met dekades se ondervinding en ‘n toewyding aan kwaliteit, het hulle erkenning ontvang as die grootste stoettelers in die Suidelike Halfrond.
Loer gerus na hulle webtuiste hier: https://malemba.co.za/
